
Rympies |
|
Indien u hiermee kan help kontak my asb. |
|
Duimpie....duimpie se maat
|
Duimpie het in die water geval
|
Hompie Kedompie Hompie Kedompie sit op die wal, Hompie Kedompie het afgeval, Die koning se soldate probeer al wat hul kan, Maar Hompie Kedompie bly plat soos 'n pan. |
Swart skaapSwart skaap, swart skaap, het jy baie wol? Ja baas, ja baas, drie sakke vol. Een vir die boer, en een vir sy vrou, en een vir die seuntjie Wat so baie van my hou. |
|
|
Eentjies Eendjies eendjies staan in 'n ry |
Dankie aan Martin en Charlene vir die volgende paar. Wippie en Snippie Wippie en snippie loer uit ‘n gaaitjie, Wip is ‘n muisie en snip is sy maatjie. Wippie en snippie daar kom die groot kat, Woeps spring die twee muisies weer terug in die gat.
Raaiselrympie …
So groen soos gras, So wit soos was, So rooi soos bloed So suikersoet! Wat is ek ….. (‘n Waterlemoen)
Tien klein paddatjies
Tien klein paddatjies kom sit in ‘n kring, Bring julle bookies en laat ons sing. Maak julle bekkies wawyd oop En sing vir my so soet soos stroop. Kwak-kwak-kwak, Kwek-kwek-kwek, Tien klein paddatjies maak my gek.
Kindergebedjies:
Oggend gebed:
Dankie heer al is ek klein, Vir my skool en vir my brein, Maak my nuttig, goed en sterk, Vader om vir U te werk. Amen
Aand gebed:
Op my stoeltjie sit ek nou, Met my handjies saamgevou. Liewe Jesus ek wil u dank, Vir my kossies en my drank. Amen
Tafel gebed:
Dankie vir die kos wat ons kan eet En laat ons U goedheid nooit vergeet. Dankie vir die voels wat ek kan hoor sing, Dankie Heer vir elke ding. Amen |
|
